Andrew Davis

Andrew Davis (1987)

Sir Andrew Frank Davis[1] (2 Februarie 1944Chicago, 20 April 2024) was 'n Engelse dirigent. Hy was musikale direkteur en hoofdirigent van die Liriese Opera van Chicago, hoofdirigent van die Melbourne Simfonieorkes en dirigent-laureaat van beide die Toronto Simfonieorkes en die BBC Simfonieorkes.

Davis is in Ashridge, Hertfordshire gebore as die seun van Robert J. Davis en sy vrou Florence Joyce (née Badminton). Davis het grootgeword in Chesham, Buckinghamshire, en in Watford.[2] waar hy die Watford Grammar School for Boys bygewoon het. Sy jeuglike musikale werk het die speel van die orrel by die Palace Theatre in Watford ingesluit.[2] Davis het by die Koninklike Kollege van Musiek en King's College, Cambridge orrel studeer en het in 1967 daar gegradueer. Hy het later dirigeerwerk in Rome saam met Franco Ferrara studeer.

  1. International Who's Who in Classical Music, Europa Publications Limited (2003; ISBN 1-85743-174-X), bl. 176.
  2. 2,0 2,1 John Walsh (13 September 1997). "Conductor of hope and glory". The Independent. Besoek op 7 September 2009.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy